Lotta se Lewe: Bendes, Swape en Skape

Skrywer: Alice Pantermüller

Uitgewer: Human & Rousseau 2014

Lotta en Chantelle het ‘n bende begin saam met Paul, die slimste seun in die klas. Die bende se naam is die Kwaai Konyne. Maar nou het Berenice en haar vriendinne ook ‘n bende begin, die Glamour Girls. Lotta en Chantelle noem hulle die Skaapkoppe omdat hulle almal soos lammetjies vir Berenice volg. Maar Die Kwaai Konyne moet nie net met die Skaapkoppe regkom nie, daar is ook nog die Rockers. Drie bendes, dit kan net moeilikheid beteken… Continue reading

Vis en Tjips

Skrywer: Jaco Jacobs

Uitgewer: Lapa 2013

Crystal kan haar oë nie glo nie as sy sien dat iemand graffiti op die muur van die akwarium spuit en gemors in die dolfyntenk gooi. Wie doen nou so iets? Die kameras sê dit is Kevin Pieterse. Kameras lieg nie, nê? Maar kan dit regtig Kevin wees? Crystal sien mos hoe lief hy is vir Ginger, die toertjie dolfyn wat nie toertjies doen nie… Continue reading